Helfte minder renosters vanjaar gestroop

Die uitvoerende direkteur van die omgewingsministerie, Teofilus Nghitila, sê tot dusver vanjaar is 48 renosters in die land gestroop. Die syfer vertoon beter as die 92 in verlede jaar. Agt olifante is gestroop vanjaar teenoor vier verlede jaar maar, baie beter as die syfers van die vorige jare wat tot 27 bereik het in 2018. Die ministerie het verskeie wetstoepassing agentskappe betrek om ‘n reaksiespan daar te stel toe stropery in 2013 begin toeneem het.