Helen Rees is bo verdenking

Die waarnemende minister van gesondheid in Suid-Afrika, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het berigte ontken dat die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Regulerende Owerheid vir Gesondheidsprodukte, Helen Rees, se man by Aspen betrokke is. Die maatskappy is ‘n vennoot in die produksie van die Johnson en Johnson Covid-19-entstof in die Oos-Kaap. Die EFF-leier Julius Malema, het Rees daarvan beskuldig dat sy die Johnson en Johnson-entstof vir eie gewin gemonopoliseer het. Kubayi-Ngubane sê die EFF se dreigemente teen Rees is onaanvaarbaar: