Heksery-hofsaak by Kahenge tot Julie uitgestel

Die hoof uitvoerende beampte van Alzheimers Demensie Namibië, Berrie Holtzhausen sê die hofsaak waarin ‘n toordokter en ander beskuldigdes in die Kahenge-hof in die Kavango-Wes-streek moes verskyn het nadat ‘n vrou van heksery beskuldig het, is weer tot 14 Julie uitgestel. Mense wat ly aan Alzheimer se siekte of demensie word dikwels van heksery uitgekryt. Twee van die drie beskuldigdes het nie vir die hofsaak opgedaag nie en moet weer in hegtenis geneem word. Holtzhausen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…