ACC: 22 sake afgehandel, 11 skuldig bevind

Die uitvoerende direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië, Tylvas Shilongo, sê ‘n totaal van 22 sake is deur die direktoraat van ondersoeke in die hof in die 2022/23-boekjaar afgehandel. Hy het tydens ‘n mediakonferensie vandag in die hoofstad bevestig 11 beskuldigdes is skuldig bevind en gevonnis waarvan twee direkte gevangenisstraf opgelê is, terwyl nege boetes of tronkstraf gekry het. Altesaam 142 nuwe sake is ontvang, waarvan 87 afgehandel is en 53 nuwe forensiese ontledings is gedoen, waarvan 48 afgehandel is. Altesaam 38 dossiere is by die aanklaer-generaal se kantoor ingedien vir beslissing.