Heineken NV maak aanbod vir NBL se 25% aandeel in Heineken SA

Simonis Storm in die hoofstad berig dat Heineken NV in Nederland, ‘n voorwaardelike aanbod aan Namibië Brouerye gemaak vir sy 25 persent aandeel in Heineken SA. Volgens die makelaarsfirma is die aanbod onderhewig aan Heineken NV se vermoë om die meerderheidsaandeelhouding in Distell Group Holdings te bekom. Dit volg na Namibië Brouerye ‘n afname van 35,8 persent in bierverkope in Suid-Afrika in sy onlangse finansiële syfers aangekondig het al is sy algehele profyt op met 42,8 persent. Die afgelope finansiële jaar het ‘n verlengde verbod op alkoholverkope in Suid-Afrika voorgekom.