Heineken het groot planne vir NBL
Namibia Breweries Limited, NBL, het ‘n bedryfswins van sowat 288,98 miljoen Namibiese dollar vir die ses maande geëindig 31 Desember 2022 gerapporteer, ‘n daling van byna een persent vergeleke met dieselfde halfjaar in 2021. Die bier-reus het totale inkomste van byna 2,4 miljard dollar, ‘n toename van 20,6 persent op ‘n jaargrondslag. NBL sê die volgende maande sal ‘n beduidende, dog opwindende verandering vir NBL sien. ‘n Gedetailleerde integrasie-proses sal deur Heineken gedryf word om die geleenthede van ‘n uitgebreide portefeulje handelsmerke, ‘n groter span en meer geleenthede aan te gryp om aan die verbruikers-vraag te voldoen. NBL sal planne begin implementeer om kapasiteit te skep vir meer vervaardiging in Namibië.