Heigh Economic Intelligence: Covid-getalle daal

High Economic Intelligence berig ‘n totaal 1 282 Covid-gevalle in die afgelope sewe dae, wat ‘n gemiddeld van 193 gevalle per dag is wat ‘n daling van 21 persent teenoor die vorige week is. Verlede week is altesaam 74 mense aan Covid dood, wat ‘n gemiddeld van elf sterftes is, wat 35 persent minder as die vorige week is. Altesaam 43 persent meer mense het teenoor die vorige week herstel. Die Oshana-streek het die meeste Covid-gevalle gehad, gevolg deur die Omusati-streek, met die Kavango-Oos-streek die minste.