Health Defense League-regsman reageer op Covid-saak

Die regsverteenwoordiger van die Health Defence League sê vir meer as twee jaar het hulle geen data oor die veiligheid van Covid-enstowwe van die Namibiese regering ontvang, soos versoek nie. Die organisasie onder die leierskap van die bekende tandarts, dr. Martin Wucher, eis dat die regering moet bewys dat die Covid-entstowwe veilig is en erge Covid-infeksies verhoed. Hul saak sal weer voor regterpresident Hosea Angula op 18 April in die Windhoekse hoërhof voorkom. Die organisasie sê hy het 3,5 miljoen Namibiese dollar nodig om die hofsaak te hanteer. Prokureur Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Attorneys het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…