Haufiku sê ons moet kommer hê oor Marburg-virus

Die voormalige minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku het sy kommer uitgespreek oor Marburg-virus wat nou ook in Ekwatoriaal-Guinee bevestig is met agt gevalle, na Tanzanië ook gevalle bevestig het. Die dodelike virus is soortgelyk aan ebola en word deur kontak met liggaamsvloeistowwe versprei. Haufiku sê die wêreld is uiters verbind en daar is altyd ‘n gevaar.