Harvey Weinstein skuldig bevind in nóg verkragtingsake

Die voormalige Hollywood-rolprentmagnaat Harvey Weinstein is in Los Angeles skuldig bevind op drie aanklagte van seksuele aanranding, insluitend verkragting. In ‘n verhoor van meer as twee maande, is getuig hoe Weinstein sy invloed gebruik het om vroue na private vergaderings te lok voordat hy hulle seksueel aangerand het. Die uitspraak het gefokus op bewerings deur vier vroue wat spruit uit voorvalle van 2005 tot 2013. Die 70-jarige Weinstein staar ‘n vonnis van tot 24 jaar tronkstraf in die gesig. Hy dien op die oomblik ’n vonnis van 23 jaar uit, nadat hy twee jaar gelede in sy eerste verhoor in New York skuldig bevind is aan verkragting en seksuele aanranding.