Harvey Boulter se saak tot 21 Julie uitgestel

Harvey Boulter, die Britse sakemagnaat, wat onder andere vir die moord op sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, aangekla word, het vanoggend sy eerste verskyning in die Windhoekse hoërhof gemaak.Adjunk-regterpresident Hosea Angula het die saak tot 21 Julie uitgestel.Boulter is vry op borgtog van ‘n halfmiljoen Namibiese dollar. Intussen dagvaar die Van Wyk-gesin vir Boulter vir skadevergoeding 83,55 miljoen dollar.