Harvey Boulter koop glo Hentiesbaai-nommerplaat

Die eerste Hentiesbaai-voertuigregistrasie-nommerplaat, N 1 HB, wat in Desember 2020 uitgereik is, en wat die amptelike nommerplaat van die kantoor van die Hentiesbaaise burgemeester geword het, is volgens berigte onlangs deur die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, vir 250 000 Namibiese dollar gekoop. Boulter staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk. Boulter word gereeld op Hentiesbaai gesien waar hy graag visvang.