Kommer oor lae damvlakke in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, doen ‘n beroep op inwoners om versigtig te wees en water spaarsaam te gebruik. Dit volg op die vrystelling van ‘n verslag oor damvlakke deur die nasionale departement van water en sanitasie. Dit toon die totale dambergings-vlak van die provinsie staan tans op 63,57 persent vergeleke met 76,62 persent ‘n jaar gelede. Bredell sê mense moet vir die volgende drie maande minder water gebruik sodat die damme voor die einde van die reënseisoen vol kan raak.