Hartseer PDM-opposisieleier Venaani loof Geingob

McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, het diepe hartseer oor die afsterwe van president Hage Geingob uitgespreek. Venaani loof Geingob as ‘n pilaar van krag, ‘n bekwame onderhandelaar en ‘n baken van onwrikbare leierskap tydens uitdagende tye. Venaani sê Geingob se afsterwe is ‘n aansienlike verlies, nie net vir Namibië nie, maar vir die hele Afrika-kontinent.