Hartlief skenk groot aan DBV

Kosmos 94.1 Nuus het gesien hoe ‘n groot Hartlief-vragmotor vleisprodukte aflaai by die Dierebeskermingsvereniging van Windhoek, wat langs die Moth-gebou geleë is. Die honde en katte sal duidelik groot bederf kry met ‘n verskeidenheid vleisprodukte wat geskenk is. Günther Ling, besturende direkteur van die Hartlief-groep gesels met Kosmos 94.1 Nuus.