Hartebeestloop se veiling trek aandag

Die bekende Bonsmara-teler Joggie Briedenhann se top-gehalte Bonsmaras van Hartebeestloop word vandag beskikbaar gestel op ‘n veiling. Agra Veilings hanteer die geleentheid wat om 11-uur op Hartebeestloop begin. Briedenhann behaal normaalweg rekordpryse en Kosmos 94.1 Nuus wou by Paul Klein, Algemene Bestuurder van Agra Veilings hoor of dit vanjaar weer so sal wees.