Harde snorkery ly tot moordklag

‘n 55-jarige man van Philadelphia word daarvan beskuldig dat hy sy buurman doodgesteek het na onmin oor die beskuldigde se gesnork. Die harde snorkery kon deur ‘n muur gehoor word wat hulle huise verbind. Christopher James Casey het glo vir Robert Wallace met ‘n groot militêre-tipe mes doodgesteek toe laasgenoemde kom kla het terwyl Casey aandete genuttig het. Casey het aan ondersoekers gesê hulle het die afgelope jaar en ‘n half “persoonlike probleme” gehad, wat verskeie polisie-oproepe veroorsaak het, oor die oorledene se klagtes oor sy snorkery. Casey bly in aanhouding.