Passasierskepe stroom na Walvisbaai

Namport het die week die luukse passasierskepe Queen Mary 2 en MSC Poesia in Walvisbaai verwelkom, en sê hy verwag altesaam 32 passasierskepe tot aan die einde van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Taná Pesat, Namport se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, wat meer inligting verskaf.