Hardap-streek hou spele die naweek
Plaaslike owerhede in die Hardap-streek gaan in sport verenig en netwerk om fondse in te samel vir die Namibië Plaaslike Owerhede Sport en Ontspanning Vereniging se spele 2024. Die Hardap-streek se spele sal by Mariental Stadion plaasvind van môre af tot Sondag. Dit is ‘n opwindende geleentheid vir alle plaaslike owerhede om sosiaal te meng, omdat hierdie platform ‘n geleentheid is om goeie werksverhoudings tussen plaaslike owerhede regoor die land te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Desire Pieters, die woordvoerder van die Rehoboth-dorpsraad, oor die spele gesels.