Hardap-katastrofe: Akkerbouraad sê dam moet uitgebrei word
Reaksie word ontvang oor die stand van sake by die Hardapdam. Op 18,1 persent van kapasiteit, sal alle besproeiing teen einde Maart gestaak moet word sou daar geen reënval ontvang word nie. Dit het ‘n reuse-impak op mielies en koring en natuurlik die allerbelangrike lusernproduksie vir die !Aimab-melkplaas. Die bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad Gilbert Mulonda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Mulonda sê sou Hardap toegelaat word om 100 persent te hou sal dit gehelp het maar, selfs teen 100 persent sal die dam nie die skema kan onderhou vir twee jaar sonder reën nie.