Hangala reageer op Kudu-aankondiging dat krag in ’26 sal vloei

Die bevestiging dat Namibië beplan om 400 megawatt krag uit die Kudu-gasprojek te produseer met bedrywighede wat in 2026 sal begin, is goeie nuus omdat die projek reeds dekades sloer. Suid-Afrika sal volgens wat berig word die uitvoer-vennoot wees. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Leake Hangala, wat voorheen die beroep vir presies dit gedoen het, gesels.