‘Toordokter’ bedrieg blykbaar 3 vroue met N$700 000

Plaaslike media berig dat drie vroue op Ongwediva die slagoffers is van ‘n sogenaamde toordokter wat dit blykbaar reggekry het ombetaling van 700 000 Namibiese dollar uit hulle te kry. Die verdagte, Elias Tobias, 32 jaar oud, het hom voorgedoen as ‘n vroulike toordokter en die vroue, wat uitdagings openbaar gedeel het, beloof om die probleme uit die weg te ruim. Sy stories, as Mama Lucia, was uitgebreid het hy het byvoorbeeld gevra vir 30 000 dollar om twee swart koeie te koop om aan die voorvaders op te offer om sodoende die weg te baan om die probleme op te los. Die tipe slenter is baie algemeen in Namibië en wek kommer onder owerhede. Tobias se saak is tot 24 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.