Hangala gesels oor Kunene-vloei by Ruacana

Die Kunenerivier se vloei by Ruacana bly toeneem en het volgens die jongste vloedbulletin van die Namibiese Hidrologiese Dienste teen 258,1 kubieke meter per sekonde geloop teen die vorige dag se 182,3 kubieke meter per sekonde. Die Ruacana-hidroëlektriese aanleg is die land se grootste elektrisiteit-opwekkingsfasiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Leake Hangala, die voormalige uitvoerende hoof van NamPower, gevra of die vloei genoegsaam is veral met NamPower se uitdagings met duur kragaankope en berigte dat die nutsmaatskappy 2 miljard Namibiese dollar in die afgelope jaar so verloor het.