Handig nou onwettige wapens, ammunisie in

Amnestie-maand het vandag begin en loop op 30 September tot ‘n einde. Tydens die periode bied die Namibiese polisie amnestie aan vir enige onwettige wapens of ammunisie wat by die polisie ingehandig word. Dit vorm deel van ‘n veldtog wat deur die Afrika-unie van stapel gestuur is. Margaret Kalo, woordvoerder van die ministerie van veiligheid en sekuriteit verduidelik.