Handelstekort neem effe af in Junie

Die Namibiese Statistieke-agentskap sê totale handel vir Junie vanjaar beloop 18,4 miljard Namibiese dollar, ‘n afname van 1,7 persent teenoor Mei maar, ‘n toename van 20,4 persent teenoor Junie verlede jaar. Die land se handelsbalans is steeds in ‘n tekort van 2,5 miljard dollar teenoor 6,1 miljard in Mei vanjaar. Gedurende die maand was Botswana die grootste mark vir uitvoere terwyl Suid-Afrika steeds die grootste bron van invoere is. Op ‘n maandgrondslag is heruitvoere af met 1,7 persent maar, op ‘n jaargrondslag gemeet is daar groei van 69,1 persent.