Handelstekort daal met N$3,7 miljard

Die handelstatistiek vir Desember is deur die Namibiese Statistieke-agentskap bekend gemaak. Die handelstekort het merkwaardig gedaal na 299 miljoen Namibiese dollar teenoor die 4 miljard dollar tekort wat in November aangeteken is. Botswana was die land se grootste handelsvennoot vir uitvoere terwyl Suid-Afrika steeds die grootste bron van invoere is. Oudergewoonte is diamante, nie-monetêre goud en vis, die keer saam met vrugte en neute, die grootste uitvoere. Die kommoditeit van die maand is bier met uitvoere van 98.1 miljoen dollar gedurende Desember.