Handelsministerie wil dekade-oue persele in 2 Kongo’s laat herleef

Die Namibiese handelsministerie wil sy handel- en industriële persele in die Demokratiese Republiek van die Kongo, en Kongo-Brazzaville laat herleef, meer as tien ja na die projekte, ter waarde van 1 miljard Namibiese dollar tot stilstand gekom het en meer as 130 miljoen dollar bestee was. Die grond in die twee lande is aan die Namibiese regering geskenk in ‘n poging om sy produkte in daardie lande te kan bemark. Tenders is sover terug as 2012 reeds uitgereik en ‘n sooispit-seremonie is in September 2012 gehou. Konstruksie was reeds aan die gang in 2016 maar, alles het doodgeloop. Nou wil die ministerie die projekte laat herleef en die woordvoerder, Elijah Mukobonda sê die perseel sal beide droë en koue stoorgeriewe hê en sal veral tot voordeel wees van kommunale boere noord van die veterinêre kordonheining. Die Namibiese ambassadeur in die DRK, Anastas Wa Kimba het ook ‘n beroep op Namibiese sakelui gedoen om gesamentlike vervaardigingsaanlegte in die DRK op te rig. Sake in die DRK is uiters duur en word gekenmerk deur burokratiese rompslomp, redelike hoë vlakke van korrupsie en taal uitdagings.