Handelskou sluit af vandag, uitstallers wou tot Sondag bly

Die Ongwediva-handelskou sluit vandag af. Die skou is baie goed bygewoon en daar was beroepe deur sommige van die uitstallers om die skou, wat uiters belangrik vir die noordelike ekonomie is, tot Sondag te verleng. Jackson Muma, woordvoerder van Ongwediva sê dit is onmoontlik. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.