Handelaars kan formeel aansoek doen om Angolese brandstof hier te verkoop

Tom Alweendo, minister van myne en energie, sê die regering is nie gekant teen die verkoop van Angolese brandstof in Namibië nie, maar handel moet gereguleer word. Hy sê die regering is nog nie genader om aansoek te doen vir ‘n groothandellisensie om brandstof te verskaf nie. Wanneer so lisensie versoek word is die oorsprong van die brandstof nie ter sprake nie. Sy aanmerkings kom te midde van ‘n toename in smokkelary, veral in die Noorde. Angolese brandstof is uiters goedkoop, rondom 6 Namibiese dollar en 50 sent ‘n liter, teenoor die 22 dollar wat plaaslik betaalbaar is. Die Angolese regering bied baie groot subsidies aan en daarom is die brandstof goedkoop. Alweendo sê 15 persent van brandstof word in Angola geraffineer, terwyl die oorblywende 85 persent ingevoer word van dieselfde internasionale mark wat ons ons s’n verkry. Dus, as Namibië brandstof vanaf Angola invoer sal dit teen internasionale pryse wees en geen verskil maak nie.