Handel spreek verskeie kwessies aan, ook ekonomiese sones

Die handel-ministerie gaan openbare konsultasies hou oor die Wetsontwerp op Spesiale Ekonomiese Sones, die nasionale informele ekonomie, die beginners- en entrepreneurskap ontwikkelingsbeleid, die Namibië beleggingsbevordering en fasilitering regulasies en die nasionale verkoeling-strategie. Die ministerie is verder besig met die ontwikkeling van die nasionale beleid oor die informele ekonomie, beginner-besighede en algemene entrepreneurskap. Elijah Mukubonda, die ministerie se hoof van korporatiewe kommunikasie, verskaf meer inligting oor die konsultasies.