Bakkery-gevangenis in Pompeii ontdek

Argeoloë in die antieke Romeinse stad Pompeii het ‘n “bakkery-gevangenis” ontdek waar slawe en donkies toegesluit is om graan te maal om brood te bak. ’n Beknopte vertrek met geen uitsig op die buitewêreld nie en klein vensters hoog in die muur met ysterstawe is tydens die opgrawings ontbloot. Inkepings in die vloer het die beweging van die diere gekoördineer wat gedwing is om ure lank geblinddoek rond te loop. Die bakkery was deel van die werkskwartiere van ‘n groot huis waarvan die woongebied met goed bewaarde fresco’s versier is.