Handel krimp, tekorte groei

Namibië se totale handel in goedere het gedaal tot 13,9 miljard Namibiese doller in Februarie vanjaar, 18,4 persent minder as die 17,1 miljard doller wat in Januarie aangeteken is. Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap teken die handelsbalans steeds ‘n tekort van 2,4 miljard doller aan, van 1,8 miljard in Januarie. China is ons grootste handelsvennoot vir uitvoere terwyl Suid-Afrika die grootste bron van invoere is. Koper, pêrels, edelstene, diamante en vis is die grootste uitvoere terwyl motors, telekommunikasie toerustings, petroleum en verwante produkte, medisyne en farmaseutiese produkte die hoogste invoer syfers toon.