HAN: Namibië verwag meer as 190 000 buitelandse toeriste in vierde kwartaal

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging sê die toerisme-sektor is op ‘n goeie herstelpad met kamerbesetting van 45 persent wat regoor die land in November aangeteken is. Namibië kan 190 942 buitelandse toeriste in die vierde kwartaal van 2022 verwag, ‘n toename van 26,6 persent vanaf die derde kwartaal, toe 150 491 toeriste-aankomste tussen Julie en September aangeteken is. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold sê 76 472 buitelandse toeriste het Namibië in die eerste kwartaal besoek, met 119 134 buitelandse toeriste in die tweede kwartaal. Dit verteenwoordig ‘n toename van 55,8 persent vanaf die eerste kwartaal tot die tweede kwartaal.