HAN-kongres takel tekort aan vaardighede in toerisme
Ondanks die herstel van toerisme, is die grootste uitdaging wat die Namibiese en internasionale toerismebedryf in die gesig staar, ‘n vaardigheidstekort. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië bied hul jaarlikse kongres op 15 en 16 Mei in Windhoek aan onder die tema: “Co-creation of a Tourism Training Roadmap for Namibia”. Dit sal meer as 24 verskillende opleidingsinstellings, sowel as die rolspelers in toerisme, byeen bring om die weg te baan vir ‘n geteikende en doeltreffende netwerk van ontwikkelings-programme om die vaardigheids-tekorte in die sektor aan te spreek. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.