Hamilton vra vir onpartydige beamptes

Die wêreldkampioen-renjaer van Mercedes, Lewis Hamilton, wat die Formule Een-reeks al sewe maal gewen het, het ‘n beroep op die Formule Een-vereniging gedoen om toe te sien dat onbevooroordeelde beamptes aangestel word. Die vereniging het ‘n geherstruktureerde diensstruktuur bekendgemaak, waarin Michael Masi met twee nuwe wedrendirekteure vervang word wat saam die taak sal verrig. Hamilton het in Barcelona op die eerste dag van die toetse voor die nuwe seisoen gesê die nuwe struktuur sal help met konsekwente besluitneming tydens die wedrenne: