Hamilton skok met Ferrari-planne

Motorsport: Formule Een is verstom oor die nuus dat die Britse ster, Lewis Hamilton, beplan om Mercedes die einde van die seisoen te verlaat en by Ferrari aan te sluit. Hy sal die Spaanse bestuurder, Carlos Sainz, by Scuderia vervang. Die sewemalige wêreldkampioen het verlede jaar ʼn verlenging van twee jaar met die Duitse span aangegaan, maar dit blyk nou hy het moontlik ʼn onttrekkingsbepaling vir die tweede seisoen. Berigte wil dit hê dat onderhandelings met Ferrari in ʼn gevorderde stadium is nadat Mercedes die afgelope twee jaar minder welslae behaal het.