Amerika, VK kyk na skep van Palestynse staat

Amerika kyk daadwerklik na die vestiging van ʼn onafhanklike Palestynse staat met sekerheidswaarborge vir Israel. Die woordvoerder van die Buitelandse Sake-departement, Matthew Miller, wou nie meer besonderhede verstrek nie maar het op ʼn nuuskonferensie gesê die poging is ʼn doelwit van die administrasie van president Joe Biden. Die Britse Buitelandse Sake-minister David Cameron het na berig word ook aan ʼn groep wetgewers gesê die VK-regering en sy bondgenote sal gesamentlik die kwessie van die erkenning van ʼn Palestynse staat bespreek.