Hamilton sal alles doen om tweede plek vir Mercedes te verseker

Die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton sê hy is vasbeslote om sy deel by te dra om die tweede plek in die Formule Een-vervaardigerskampioenskap vir Mercedes te verseker. Met net twee wedrenne in die seisoen oor, beklee Mercedes tans die derde plek in die vervaardigerskampioenskap, 40 punte agter Ferrari.  Red Bull het die titel reeds by die wedren in Mexiko verower. Hamilton sê die belangrikste voordeel van die tweede plek hierdie seisoen, is die groter finansiële vergoeding wat spanlede sal ontvang.