Trump se kandidate val plat in verkiesing

Virginië se Republikeinse luitenant-goewerneur, Winsome Sears, sê sy kan nie oudpresident Donald Trump ondersteun as hy weer president wil word nie. Trump gaan na verwagting volgende week aankondig dat hy in die presidentsverkiesing vir 2024 gaan staan. Kandidate wat deur Trump ondersteun word, het swak gevaar in Dinsdag se tussenverkiesings, en dit laat die voormalige president se posisie in die party moontlik op sy swakste sedert die oproer by die Kongresgebou op 6 Januarie verlede jaar. Sears sê die Republikeinse kiesers se boodskap aan die party is duidelik: