Hamas sê hy wag vir Israel se soldate
Hamas sê sy militante in Gaza is gereed om Israeliese aanvalle met sy volle mag te konfronteer nadat Israel se weermag sy lug- en grondaanvalle op die Palestynse enklawe uitgebrei het. Teen vroeg vanoggend het ‘n onderbreking in internet- en telefoondienste – wat telekommunikasiefirmas en die Palestynse Rooi Halfmaanvereniging gesê het die gevolg is van Israeliese bombardemente – al meer as tien ure voortgeduur. Dit belemmer kommunikasie, ook vir nooddienste. Die Israelse weermag het laat Vrydag aangekondig hy is besig om sy grondmagte se operasies uit te brei en dat die lugmag aanvalle uitvoer op tonnels wat Hamas gebruik.