Hallo, winter!

Groot dele van Namibië, Windhoek ingesluit, kan kouer dae verwag met die winterseisoen wat duidelik in volle swang is. Volgens Odillo Kgobetsi, ‘n weervoorspeller by die Namibiese meteorologiese dienste, sal Namibië in Junie en Julie koue dae en nagte hê.