Haïti stort ineen, 300 gewapende bendes regeer

Die Verenigde Nasies sê dat 5,2 miljoen Haïtiane humanitêre hulp nodig het en meer as 4,3 miljoen ervaar akute voedselonsekerheid – dit is ‘n verbysterende twee uit vyf mense in ‘n land wat vroeër selfversorgend was in terme van voedselproduksie. Daar is net befondsing vir 33 persent van wat nodig is. Op die oomblik is bendes in beheer van 80 persent van die hoofstad Port-au- Prince en die geweld het versprei. Daar is sowat 300 gewapende bendes in die land. Inwoners wag in spanning vir die Oktober-resolusie om ‘n multinasionale sekuriteitsondersteuning sending te ontplooi om Haïti se Nasionale Polisie te ondersteun.