15 verkragtings tydens 16 dae van aktivisme

Vier verkragtings is oor die naweek deur die Namibiese polisie aangemeld met voorvalle regoor die land. Die aankondiging kom op die einde van die sogenaamde 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld wat op 25 November begin het en Sondag tot ‘n einde gekom het. In die 16 dae, het Kosmos 94.1 Nuus 15 gevalle – amper een daagliks – van verkragting getel, en dit is die sake wat gerapporteer is. Daar was ook vyf moorde waar geslagsgeweld betrokke is, en saak van geslagsgeweld en aanranding en een babastorting – weereens net sake wat aangemeld is. Namibië se uitdagings met die euwel blyk om onverpoosd voort te duur.