Hage skommel sy Kabinet

President Hage Geingob het sy kabinet geskommel en die volgende aanstellings aangekondig. Frans Kapofi sal voortaan Minister van Verdediging wees terwyl Albert Kawana sal oorneem by Binnelandse Sake. Derek Klazen is die nuwe Minister van Visserye. Geingob het ook verskeie adjunkministers aangekondig. Veno Kauaria is die nuwe adjunk by Hoër Onderwys terwyl Nathalia /Goagoses intree by Stedelike en Landelike Ontwikkeling. Maureen Hinda staan Ipumbu Shiimi by by Finansies en Heather Sibungu is die nuwe Adjunkminister van Omgewingsake.