Hage ‘sal land in beter toestand agterlaat’

President Hage Geingob sê hy sal Namibië in ‘n baie beter toestand agterlaat as waarin hy dit geërf het, maar erken dat die beginjare van sy presidentskap ‘n verskriklike tydperk was. Hy het die opmerkings gemaak toe hy David Rae, die president van Dundee Precious Metals, by Staatshuis ontmoet het. Rae was op ‘n vriendskaplike besoek om sy maatskappy se verkryging van die Two Hills-goudprojek by Karibib van Osino Resources Corporation aan te kondig, in ‘n transaksie van altesaam 3,9 miljard Namibiese dollar. Geingob sê die projek is wat Namibië nodig het, en voeg by dat ekonomiese vooruitsigte vir ‘n ruk lank nie rooskleurig was nie.