Hage en Cyril sal dalk agter die skerms Phala Phala bespreek

President Hage Geingob sal Donderdag op ‘n staatsbesoek na Suid-Afrika reis. Suid-Afrika is Namibië se grootste handelsvenoot wat invoere en uitvoere betref. Geingob en President Cyril Ramaphosa sal ook internasionale en streekskwessies aanspreek soos onder meer die politieke situasie in Eswatini, die Saharawi Arabiese Demokratiese Republiek, Palestina en die Russiese-Oekraïnse konflik. Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar Suid-Afrikaanse eweknie, Naledi Pandor sal môre vooraf samesprekings hou. Die politieke kenner Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus die twee Presidente sal agter die skerms dalk ook die Phala-Phala-kwessie bespreek.