Habib weer op sy pos

Die voormalige visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, Adam Habib, is weer as hoof van die Universiteit van Londen se Skool vir Afrika- en Oosterse Studies aangestel. Habib is geskors nadat hy in Maart tydens ‘n vergadering met studente die N-woord gebruik het. Die Voorsitter van die raad van trustees, Marie Staunton, sê die universiteit het besluit op ‘n herstellende benadering teenoor klagtes teen Habib. Staunton sê hulle sal later ‘n verklaring uitreik oor die lesse wat hieruit geleer is.