Haatspraak, fopnuus op digitale platforms vereis daadwerklike aksie

Digitale platforms word regoor die wêreld gebruik vir haatspraak en die verspreiding van fopnuus. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres het die VN se handleiding in die verband bekend gestel. Hy sê die kwessie vereis duidelike en gekoördineerde globale optrede.