Gyselaars-onderhandelaar in Noorde van Mali
‘n Gyselaars-onderhandelaar van die humanitêre organisasie, Gift of the Givers, wat hom in Mali bevind, Mohamed Dicko, het in die noorde van die land aangekom waar die terreur-organisasie Al-Kaïda in beheer is. Dicko hoop om die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer vrygelaat te kry. Hy gaan pooog om leiers se steun te kry om met Al-Kaïda te onderhandel oor Van Deventer se vrylating, wat ses jaar gelede deur Al-Kaïda in Libië ontvoer is, waar hy as paramedikus gewerk het. Hy is toe aan ‘n ander groep in Mali verkoop. Die hoof van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman sê hulle wil Al-Kaïda vra om Van Deventer onvoorwaardelik vry te laat, omdat ‘n losprys nie betaal kan word nie.