Gwede belowe beter mynveiligheid

Die buurland se minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, sê die regering sal voortgaan om te belê in die verbetering van myngesondheid en -veiligheid, sodat mense kan gaan werk en lewendig terugkom. Dit volg nadat elf mynwerkers dood is in ‘n skagongeluk by die Impala Platinum-myn in Rustenburg, Noordwes. Die hysbak wat werkers na die oppervlak vervoer het blykbaar onverwags begin aftuimel en meer as 70 werkers is beseer. Mantashe sê die tragedie word ondersoek: